FOTOREEKS


UITBEELDING VAN TIPIESE SCAM MET DIE KONFYTFLES-WATERTOETS

KRAANWATER

Tap Water

Ons het een fles met gewone kraanwater gevul.

Jam Jars  RO UNIT

Die linkerkantse fles bevat water wat by wyse van ’n Omgekeerde Osmose-eenheid (OO) gesuiwer is, terwyl die fles op regs met gewone kraanwater gevul is.

Die elektrodes is ingeprop en aangeskakel.

Binne enkele minute begin die kraanwater verkleur. Die elektrodes is besig om met die minerale in die water te reageer. Hierdie is veilige minerale soos kalsium en magnesium.

GEBOTTELDE WATER

Bottled Water

Hierbo het ons twee bekende gebottelde water-handelsmerke. Die regterkantse fles is met OO-water gevul. Die onaantreklike donker kleur van die water in die linkerkantse fles is gewoon die minerale in die water wat op die elektrodes reager. Hoekom gebeur dit?

GESUIWERDE WATER

Purified Water

Die water in die regterkantse fles is deur ’n wêreldbekende watersuiweraar gefiltreer. Dieselfde resultaat – ’n kwansuis ondrinkbare water.

Na omtrent vyf minute is die resultaat nogal skrikwekkend vir die niksvermoedende persoon wat deur hierdie skelmstreek ingeloop word – terwyl dit eintlik maar net doodgewone elektrolise is. Wie sal water drink wat só lyk? Niemand nie. Dis dan ook geen wonder dat mense hierna die OO-eenheid koop om hul water te suiwer nie.

NEEM DIT MET ’N GREINTJIE SOUT

Pinch of Salt

Ons het ’n knypie sout geneem …

… en dit in die OO-water in die linkerkantse fles opgelos. Die reaksie was onmiddellik! Gewone tafelsout het dít …

… in die fles veroorsaak.

Dis duidelik soos daglig, jy is ingeloop!

As jy gekul is, deel asseblief jou ervaring met ons. Om hierdie webtuiste aan vriende, kollegas en familie te e-pos om hulle teen hierdie scam spul te waarsku, kliek asseblief hier.