The Jam Jar 
RO Distilled water
“Die Konfytfles / Presipiteerdertoets”
OO- / Waterbehandelingstoestel (onder wasbakke)
Die Presipiteerder Die Presipiteerdertoets in twee glase water


Inleiding:

Verkoopspersoneel van verskillende watersuiweringsmaatskappye maak in die jongste tyd gebruik van ’n sogenaamde “Presipiteerder- of Konfytfles-suiwerheidstoets” om kwansuis te bewys dat alle water, behalwe die water wat via hul suiweringstoerusting verkry word, onsuiwer, en gevolglik onveilig vir menslike verbruik is. Hierdie maatskappye verkoop tans Omgekeerde Osmose (OO)-toerusting, ook bekend as ontsoutingsvlies-watersuiweringstelsels.

Die Konfytflestoets is ’n eksperiment wat die kliënt die indruk gee dat hul water nie veilig vir drinkdoeleindes is nie. Dit behels die oplos van natuurlike soute in ’n bruin massa wat die water aaklig laat lyk. Feit is egter, as jy OO-water sou neem en ’n paar soutkorrels daarby sou voeg, sou dieselfde reaksie plaasvind. Lees asseblief hieronder om die volledige prentjie te kry.


Die Konfytflestoets is basies ’n uiters kru en elementêre, elektriese stroombaan, soortgelyk aan ’n motorbattery, of wetenskaplik bekend as ’n elektrochemiese stroombaan. Wanneer dit as ’n sogenaamde “Presipiteerder” gebruik word, gee dit die kliënt die indruk dat die water onveilig vir drinkdoeleindes is. Dit doen dit deur natuurlike soute in die water te presipiteer of elektrochemies bekend te stel wat soos ’n bruin “massa” voorkom en die water baie vuil laat lyk.

Feit is egter, as jy OO-water sou neem en ’n paar soutkorrels daarby sou voeg, sou dieselfde reaksie plaasvind. Lees asseblief hieronder om die volledige prentjie te kry.

Die Sout Oplossing Toets (SOT), word tans in bewerking gestel d.m.v. Omgekeerde Osmose (OO) – toerusting. Verkoops personeel gebruik hierdie toets om die sout-inhoud in die water te meet.

Die verkoops personeel kan normale of versuiwerde water toets (met ‘n hoër mineraal inhoud as OO) en oortuig mense om OO-toerusting te koop, deur om vir hulle te sê dat hul water ongesond en onveilig is. Dit is natuurlik heeltemal onwaar, aangesien OO water baie min of geen minerale bevat nie.

Die Sout Oplossing Toets (SOT), is nie ‘n indikasie van veilige water nie. Dit is alleenlik ‘n toets om die mineraal inhoud te meet.

   

 

WAT JY MEEGEDEEL WORD …

As gevolg van die feit dat daar geen reaksie in die OO-water plaasvind nie kan die bedrieërs daarop aanspraak maak dat die OO-water minder besoedel is en dat ander sogenaamde gesuiwerde water, gebottelde water of kraanwater vuil is en ongesonde vlakke van onsuiwerhede bevat. Jy word dan wysgemaak dat die water, wat weens ’n slinkse eksperiment bruin verkleur het, ongeskik vir menslike verbruik is. Wat jy nie meegedeel word nie is dat daar natuurlik voorkomende minerale in gesuiwerde of gebottelde water is.

MOENIE GEFLOUS OF OORREED WORD DAT HIERDIE KLEURVERANDERING ’N AANDUIDING VAN ONSUIWERHEDE IN WATER IS NIE!


As jy gekul is, deel asseblief jou ervaring met ons. E-pos hierdie webtuiste aan vriende, kollegas en familie om hulle teen hierdie scam spul te waarsku.